Thursday, September 23, 2010

Preface

Hi Mariaan, Risna en Ilse

Hierdie is tot op hede die beste plan waarmee ek vorendag kon kom om in die volgende veelledige doel te slaag:

1) Om 'n virtuele spasie te vestig waarin die sameroeper van ons kluster deur die jaar kennis wat sy/hy insamel kan opteken.
2) Ek wou ook gehad het dat hierdie 'kennis' in verskillende vorme in hierdie bogenoemde spasie gestoor sou kon word: multi-media, foto's, teks etc.
3) Dit is belangrik dat hierdie spasie as 'n platform kan dien wat 'n mens op enige tyd op enige plek kan bereik.
4) Die sameroeper behoort hierdie spasie ook as 'n 'bron' van vorige sameroepers se kennis te kan benut, sonder dat dit veel moeite verg.

So, kom ons kyk of hierdie blog werk. Dit kan ook dien as 'n manier waardeur oud-sameroepers met Wimbledon in kontak kan bly. Ek kan byvoorbeeld deur die jaar kommentaar lewer op Mariaan se inskrywings.

Tot my volgende post!

2 comments:

Mariaan Venter said...

Goeiedag Helet!

Hier is my post, wil net sĂȘ WOW!

Lekker langnaweek vir jou,

Mariaan

Helet said...

Hi Mariaan. Dankie vir die moeite - maar ek wou nie gehad het dat jy kyk of jy kan 'comment' nie. Ek wou gehad het dat jy kyk of jy 'n post kan skep. Soosin 'n inskrywing. Jy verstaan? Dit sou vereis dat jy na blogger.com gaan.